Wil jy graag deel word van Kies & Keur? Ons hoor graag van jou! Doen aansoek via WhatsApp of vul die aansoekvorm op ons webwerf in. Ons sien uit daarna om meer van jou en jou besigheid te leer.
Stalletjiefooi: R2 450 vir die volledige marktydperk
Vertel ons meer van jou besigheid, watter produkte jy verkoop en deel 3-5 foto's van jou produkte en uitstalling. Só kan ons kies en keur tussen die aansoeke om 'n mooi verskeidenheid by die mark te verseker.
Ons adminspan ontvang jou WhatsApp of e-pos, hersien jou inligting en besluit of jou produkte 'n goeie pas vir Kies & Keur is.
As jou aansoek suksesvol is, stuur ons vir jou die skakel na ons besprekingsvorm. Slegs goedgekeurde verkopers ontvang die vorm.
Gebruik die veilige skakel, voltooi die besprekingsvorm en bevestig jou stalletjie deur die nodige besonderhede in te vul en die ooreenkoms te onderteken.
Sodra jou stalletjie bevestig is, kan die voorbereiding begin. Ons kan nie wag om te sien wat jy gaan uitstal nie!
As ons jou persoonlik genooi het, hoef jy nie die aansoekvorm te voltooi nie. Ons stuur die besprekingsvorm direk aan jou.
Neem die eerste stap om deel te word van Kies & Keur. Vul die vorm hieronder in en ons sal jou aansoek so gou moontlik hersien.